Con Spirito Kultuur is sedert 2003 in die kunstekompetisie bedryf. Vir 19 jaar het
leerders vir die gewone opstelle en gedigte, tydens kunswedstryde, ingeskryf.
Gegewe die tye waarin ons in Suid Afrika is word ’n NUWE,
GROTER, AFRIKAANSE, NASIONALE skryfkompetisie geskep, in die vorm van ‘n
aanlyn kompetisie. Die FAK, saam met hul kultuurnetwerke, het hande gevat met Con
Spirito om hierdie kompetisie moontlik te maak.
WIE KAN INSKRYF?
Gr 4 tot 5
Graad 6 tot 7
Graad 8 tot 9
Graad 10 tot 12
Jong volwassenes (18 tot 25 jaar)
DRIE KATEGORIEË
• Opstel - Eie keuse en/of voorgeskrewe tema
• Poësie - Eie keuse en/of voorgeskrewe tema
• Kortverhaal - Eie keuse en/of voorgeskrewe tema
*Deelnemers mag meer as een werk onder elke afdeling inhandig!
Hou die spasie dop vir meer inligting!!!
VOORGESKREWE LENGTES VAN SKRYFSTUKKE
REËLS
1. Die uitslag van die beoordelaars is finaal.
2. Deur inskrywing en deelname onderwerp deelnemers hulle streng aan die reëls
van die Con Spirito en FAK se skryfkompetisie.
3. Alle inskrywings sluit op soos aangedui.
4. Slegs aanlyn-inskrywings word aanvaar.
5. Alle aanlyn-inskrywings kan deur die Payfast veilige betalings platform gemaak
word. Hierdie platform maak voorsiening vir beide elektroniese oorplasings,
sowel as kredietkaart betalings.
6. Indien ‘n direkte internetbetaling verkies word is dit betaalbaar aan CON
SPIRITO.
FNB, Con Spirito Kultuur (Pty) Ltd., Business Cheque, account no. 62791986460,
Sunward Park, Branch code: 201209, Verwysing: Naam en van
7. Inskrywingsgelde is NIE terugbetaalbaar nie, behalwe in gevalle waar die
betrokke kompetisie nie plaasvind nie.
8. Aanlyn inskrywingsvorms moet VOLLEDIG ingevul word. Korrekte
kontakbesonderhede word benodig vir opvolg en kommunikasie. Ouers se
kontakbesonderhede word ook benodig in die geval van leerders.
9. Leerders kan privaat of deur hulle skool inskryf.
10. Daar mag MEER as een keer vir dieselfde item ingeskryf word.
11. Deelnemers neem per graadgroep deel.
12. Deelnemers kan inskryf onder eie keuse en/of voorgeskrewe tema deur Con
Spirito Kunsvereniging voorgeskryf.
13. Onthou, die keuse van ʼn skryfstuk moet by die deelnemer se ouderdom pas en
word ook daarvolgens beoordeel.
14. Geen deelnemer of groep mag dieselfde werk vir twee agtereenvolgende jare
aanbied nie.
15. Lengtebeperkings vir die skryfstukke soos aangedui in die sillabus mag nie
oorskry word nie.
16. Name en vanne moet korrek op die inskrywingsvorm ingevul word.
17. Alle navrae moet aan Con Spirito gerig word.
18. Oortreding of nienakoming van die reëls en kriteria kan lei tot diskwalifikasie van
die inskrywing.
Laai ons brosjure af vir volledige inligting: Woeker-met-die-Pen Brosjure 2021